Orange Fox-veiligheid het onlangs wenke voorgesgtel aan die hand waarvan mense hulself kan beveilig.
Woordvoerder Vanessa Jacobs sê die wenke kan mense se waarskynlikheid vir oorlewing drasties verbeter.
Sy stel voor dat elke huis ’n elektriese heining oprig wat aan ’n alarmstelsel gekoppel is.
“’n Ordentlike alarmstelsel met waarskuwingstoestelle soos infrarooistrale wat beweging optel, is belangrik,” sê Jacobs.
Sy waarsku ook dat honde nie noodwendig ’n goeie afskrikmiddel is nie. “Daar is meer as twintig maniere bekend om honde ‘uit te haal’,” sê sy.
“Jy moet ook veiligheidsplanne in plek hê wat jou hele familie oefen, ken en kan toepas. Onthou ook – jou naaste bure is jou beste hulp. Werk saam met hulle ’n noodplan uit en sien om na mekaar se welsyn en veiligheid.”
Sy stel ook voor dat mense daagliks oplet vir tekens wat aandui dat iemand die huis dophou. Hieronder noem sy tekens soos sigaretstompies, vuurhoutjies, blikke, bottels, sitplekke, spore, urineringsplekke, of ontlastingplekke naby die huis. Dit kan ’n aanduiding wees dat iemand in jou huis was of dit dophou.
Sy moedig inwoners aan om ook by groter veiligheidsorganisasies aan te sluit en aktief aan veiligheidsaksies in die omgewing deel te neem.
“Die belangrikste is om paraat te bly, 24/7. Weet wat in en om jou huis aangaan.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
