CrimeLocal newsNewsUpdate

Noord-egpaar oorleef kapingdrama

Die twee barmhartige samaritane wat vier mans wou help en toe gekaap is, het darem weer hul motor terug.

Corlia Kruger

’n Aggressiewe kaping die naweek noord van Pretoria het ‘n sprokieseinde gehad toe die slagoffers se voertuig teruggekry is.

Jaco Geyer en sy vrou Melissa het hierdie week vertel van hul noue ontkoming toe hulle vier mans Saterdagaand in De Wildt wou help.

“Een van hulle het my aan die nek gegryp en ’n ander het sy geweer op my man gerig,” vertel Melissa.

“Hy het twee keer die sneller getrek om Jaco te skiet, maar die wapen het beide kere geweier.”

Melissa sê die egpaar was die aand omstreeks 23:30 op pad huis toe van ’n troue af .

Hulle in hul Landrover by ’n T-aansluiting by ’n stopstraat stilgehou toe ’n Volvo verby hulle jaag.

“Die motor het ons met ’n haarbreedte gemis en is reguit oor die stopstraat van die pad af die bosse in. ’n Boom is byna getref voordat die voertuig deur ’n plaasheining is.”

Geyer sê sy en haar man het hul voertuig langs die pad parkeer om hulp aan te bied.

Die vier insittendes van die Volvo het almal ongedeerd daarvan afgekom.

“Hulle was nog ewe ordentlik en het ons baie vriendelik bedank vir ons hulp.”

Geyer sê die vier mans het toe saam met haar en haar man na hul voertuig oorkant die pad gestap.

“Ek was nog besig om op WhatsApp op my foon die buurtwag in kennis te stel van die voorval, toe twee ander mans opdaag,”

Geyer sê die twee vreemdelinge was veiligheidswagte by ‘n 4×4-roete ingang, wat ondersoek kom instel het.

“My man het voorgestel dat hulle dan sommer ’n oproep oor die radio moet doen na die buurtwag en ambulansdienste – toe daar skielik ’n geweerskoot afgaan.”

Geyer sê daar was chaos toe twee van die vier ongelukslagoffers vuurwapens uitpluk en een van die veiligheidswagte in die voet skiet.

Dit was toe dat een van die kapers misluk het in sy poging om Jaco dood te skiet.

Die vier booswigte het daarop in die egpaar se voertuig gespring en weggejaag. Wonderbaarlik is die egpaar ongedeerd gelaat.

Geyer sê nog ’n motoris het langs die pad stilgehou. Dié samaritaan het hulle probeer help om die verdagte mans in hul gesteelde Landrover agterna te sit.

“Ons het hulle verloor naby ’n woonbuurt in Pretoria-Noord,” sê Geyer.

Die behulpsame bestuurder het hulle toe na die toneel van misdaad teruggebring.

“Toe ons terugkeer, was die buurtwag en polisie daar.”

Die saak is oorspronklik by Mmakau polisiekantoor aangemeld.

Die gesteelde Landrover Defender, ’n 1996 model, is in Akasia opgespoor.

“Ons het ’n foto ontvang van die voertuig by die polisiekantoor is,” het Geyer se man, Jaco, die goeie nuus met Rekord gedeel. “Ons is baie bly om ons Landrover weer terug te kry.”

Akasia-polisie kon nie onmiddelik terugvoer gee oor waar die voertuig gevind is nie.

Die kapers is nog op vrye voet.

Lees ook: 

Samaritane gekaap

Vierjarige langs pad gelos ná kaping

Ouma se kar buite kleuterskool gekaap

Bejaarde man twee keer geskiet

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button