Vermy boewe se lokvalle
Die Moot Misdaadvoorkoming-groep waarsku inwoners om nie deur boosdoeners uit hul huise gelok te word nie.
Corlia Kruger
Misdadigers vind elke dag nuwe maniere om inwoners agter geslote deure uit te lok.
Die Moot Misdaadvoorkoming-groep se voorsitter, Theo Breedt, het ’n paar wenke vir inwoners om hulself te beskerm teen opportunistiese boosdoeners in die Moot.
Die oudste lokval is om waterkrane buite oop te draai of die krag af te skakel as die woning ’n kragkas buitekant het.
“Moet nie uitstap om te gaan kyk nie. Krane kan nie vanself oopgaan nie en in die donker is dit maklik vir misdadigers om op jou toe te slaan,” sê Breedt.
Die jongste truuk van misdadigers is om klein hondjies gebruik om inwoners uit te lok.
“Moet nie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur tjank nie. Stel eerder die buurtwag of GPF in kennis,” sê Breedt.
“Dit wil voorkom asof dit ‘n nuwe modus operandi van kriminele is. Hulle sit die klein hondjies saans naby jou huis se deure en wag vir jou om uit te kom.”
Breedt sê inwoners moet noodnommers, indien moontlik, memoriseer of op selfone installeer vir gebruik in noodgevalle.

Lees ook:
Afriforum stel gemeenskapsplan teen misdaad bekend
Polisie, gemeenskap werk saam om misdaad te fnuik
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
