Sinoville-kabeldiewe gevonnis
Vier mans is onlangs skuldig bevind aan kabeldiefstal en is elk effektief twee jaar gevangenis straf opgelê danksy die goeie speurwerk van een van Sinoville se manne in blou.
Corlia Kruger
Vier mans is in die noorde van Pretoria aan kabeldiefstal skuldig bevind.
Alfred Mulaudzi (40), Inocent Khumalo (27), Mpho Monjai (42) en Eddie Sithole (28) is elk in effek twee jaar tronkstraf opgelê in Pretoria-Noord se landdroshof.
“Danksy die goeie werk van konstabel Edward Mmbi, is al vier misdadigers nou agter tralies,” het woordvoerder van Sinoville-polisiekantoor, adjudant-offisier Johan van Dyk gesê.
Die vier kabeldiewe is verlede jaar vasgetrek deur Sinoville-polisie.
Stasiebevelvoerder, kolonel Ramakamakama Johannes Kekana, het die Sinoville speurtak bedank vir hul goeie werk.
“Kolonel Kekana wil net sy dank betuig teenoor konstabel Mmbi vir sy vasberadenheid en toewyding om misdaad op te los en te werk vir goeie vonnisse,” het van Dyk namens die bevelvoerder gesê.
Lees ook:
Vrou duisende kwyt ná diefstal
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.
