Kabeldiewe loop hul rieme styf
Twee verdagte kabeldiewe is Maandagaand in hegtenis geneem na Wonderboompoort-polisie op gesteelde koperkabels beslag lê.
Hope koperkabels in sakke is gekonfiskeer na die polisie op twee verdagte kabeldiewe toegeslaan het.
Wonderboompoort-polisie het Maandagaand beslag op die klein berghoop met gesteelde kabels gelê wat in Capital Park gevind is.
Kaptein Pierre Vigoureux van die sosiale misdaadvoorkomingseenheid by Wonderboompoort-polisiestasie het bevestig dat die verdagte diewe in aanhouding is.
“Danksy die goeie werk van konstabel Tladi, wat op ’n wenk van inwoners gereageer het, kon ons die twee kabeldiewe vang,” sê Vigoureux.
Die mans sal binnekort in die hof verskyn.
Die waarde van die gesteelde kabels, wat die polisie gekonfiskeer het, sal nog bepaal word.
“Baie dankie aan die inwoners se samewerking en vinnige reaksie,” sê Vigoureux.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

