CrimeLocal newsNews

Polisie-bevelvoerders vermaan

Dienslewering en die stryd teen misdaad moet by bestuur begin en bevelvoerders moet lei deur hul voorbeeld.

Keer terug na die basiese beginsels van misdaadvoorkoming.

Dit was verlede week die boodskap van Sunnyside se polisie-streekbevelvoerder, majoor-generaal Nneke Jim Ledwaba, aan leiers in sy gebied.

Ledwaba het gesê bevelvoerders misluk as dit by organisasie kom.

“Die stasiebevelvoerders moet altyd beskikbaar wees by hul stasies en verantwoordelikheid aanvaar vir misdaadvoorkoming en ondersoeke van misdaad.”

Deel van die Sunnyside-streek is die Moot-, Villieria-, Brooklyn-, Garsfontein-, en Lyttelton-polisiekantore.

Woordvoerder Kaptein Coba Brits sê in ’n verklaring Ledwaba het bevelvoerders aangemoedig om beter te presteer en harder te werk om misdaad te beveg.

“Majoor-generaal Ledwaba sê hy moet verantwoording doen vir misdaad in die verskeie streke na ’n hoër kantoor en hy verwag van die bevelvoerders om hul deel te doen om misdaad te verminder.”

Voertuie en ander bronne mag nie misbruik word nie, sê Ledwaba.

“Die polisie moet te alle tye beskikbaar wees om misdadigers uit te dryf. Die bevelvoerders moet kreatief raak en pligte uitvoer met die bronne wat beskikbaar is aan hulle,” sê hy.

“Midadigers pleeg nie misdaad in areas met hoë polisie-teenwoordigheid nie en polisie moet dus te alle tye sigbaar wees.”

Ledwaba het sy waardering betuig aan bevelvoerders en polisielede wat wel hul deel doen om misdaad te bekamp.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button