Moot-ma en seun sterf
Hendro is op die toneel dood en Petro die volgende dag ná ’n operasie.
’n Ma van die Moot en haar tienerseun is die naweek weens ‘n motorongeluk dood.
Petro de Beer en haar seun Hendro, ’n graad 6-leerling van Laerskool Totiusdal, was op pad huis toe van vakansie af.
Laerskool Totiusdal sê op sy Facebook-blad dat hulle langs die pad moes stilhou omdat Hendro sleg gevoel het.
Hendro en sy ma het uitgeklim en is deur ’n aankomende voertuig getref.
“Die bestuurder van die aankomende voertuig het moontlik aan die slaap geraak,” sê die laerskool.
Hendro is op die toneel dood en Petro die volgende dag ná ’n operasie.
Hendro en Petro laat hul pa en eggenoot Martin en Hendro se ouer broer Cornel agter.
Volgens die skool word die begrafnis vir Vrydag beplan.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
