CrimeNews

Noord groet geliefde polisieman

Pretoria-noord polisie neem afskeid van adjudant-offisier Michael Hays (47), Dinsdag oorlede.

‘n Staatmaker van die polisie in Pretoria-Noord, adjudant-offisier Michael Hays, is in die ouderdom van 47 dood.

Kollegas en inwoners het hul hartseer op sosiale media uitgestort.

“Ons kollega en vriend AO Michael Hays is vandag oorlede,” lui ‘n boodskap Dinsdag op die Noord-Krisissentrum se Facebook.

“Ons gaan hom vreeslik mis hier by Pta Noord SAP stasie. Dis ’n groot en hartseer slag vir ons almal, ons innige meegevoel met sy familie en vriende ons bid dat hulle berusting en vrede sal vind in hierdie moeilike tyd. Rus sag Michael, ons sal jou altyd onthou vir die goeie mens wat jy was.”

Akasia-polisiewoordvoerder Kaptein Riaina van Aarde sê: “Daar was soveel mense wat hom geken het – vir wie hy so baie beteken het.”

Sy sê Hays sal nie net deur sy kollegas by Pretoria-Noord se polisiekantoor gemis word nie, maar ook deur talle ander lede van die polisie wat die voorreg gehad het om hom te ken.

Lees ook:

Police official killed during hijack

Pretoria cop shot dead

Police couple found dead

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button