CrimeNews

Vragmotor jaag in boom vas

Die bestuurder is in ’n kritieke toestand na die Steve Biko akademiese hospitaal vervoer.

’n Vullisvragmotor het Dinsdagmiddag in ’n boom vasgejaag nadat die bestuurder beheer verloor het in Slagtersnekstraat in Waverley.

Tshwane-nooddienste se woordvoerder, Johan Pieterse, sê die voertuig het in Slagtersnekstraat afbeweeg in die rigting van Breyerlaan.

“Dit is nogal ’n yslike afdraande en die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig. Hy het onder op die hoek van Slagtersnekstraat en Breyerlaan ’n boom getref.”

Pieterse sê die bestuurder was in die vragmotor vasgekeer.

“Dit was ’n moeilike reddingspoging. Nooddienste het byna ’n uur lank gespook om die bestuurder te bevry want sy bene was vasgepen deur die paneelbord.”

“Die bestuurder is in ’n kritieke toestand na die Steve Biko akademiese hospitaal vervoer,” sê Pieterse.

’n Swaar voertuig het later opgedaag om die vragmotor weg te sleep.

’n Inwoner van Slagtersnekstraat, Christel de Beer, was op pad na die lughawe toe die ongeluk gebeur.

“Ek bly in Slagtersnek en ek het gewag vir my drywer om my by die lughawe te gaan aflaai. Hy het my gebel met die nuus dat hy kon nie by my huis kan kom nie omdat daar ’n ongeluk was,” vertel de Beer.

De Beer sê die polisie, brandweer en ambulansdienste en was op die toneel.

“Ek was net verlig dat die voertuig nie deur ’n huis geploeg het nie.”

Pieterse sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button