CrimeLocal newsNews

Forensiese deskundige aangekeer

’n Forensiese deskundige is glo aangekeer oor ’n oortreding van immigrasiewette.

Die forensiese deskundige Paul O’Sullivan is Vrydagaand in hegtenis geneem, lui ’n boodskap op sosiale media.

Volgens André Snyman van eblockwatch is Sullivan by OR Tambo Internasionale lughawe deur ’n spesiale ondersoekspan voorgekeer.

Die Pretoriase privaatspeurder, Mike Bolhuis, het dit aan Rekord bevestig en sê die forensiese deskundige is in hegtenis geneem in verband met die oortreding van immigrasiewette.

“Daar word ander klagtes teen hom ondersoek en hy is in aanhouding by die polisiekantoor van Pretoria Sentraal,” sê Bolhuis.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button