CrimeLocal newsNewsUpdate

Oud-polisieman dood in die Moot gevind

Die lyk van ‘n oud-polisieman is Maandagaand in Capital Park gevind.

Andrea Küsel

’n Oud-polisieman van die Moot is Maandagaand dood in Flowersstraat, Capital Park, gekry.

Danie Dreyer (64) is vermoedelik vermoor, sê polisiewoordvoerder Kaptein Colette Weilbach.

“Twee mense is in hegtenis geneem nadat ’n vrou haarself oorhandig het aan die Villieria-polisie.

Die vrou het die polisie na Dreyer se huis in Villieria gelei waar hy glo op 28 Maart doodgemaak is ná ’n dispuut oor geld.

“Sy het toe ’n adres in Capital Park gegee waar sy en twee ander mans die lyk in ’n mangat gelos het,” sê Weilbach.

“Die polisie het die liggaam gisteraand gevind. Die vrou en haar 41-jarige vriend is in hegtenis geneem in verband met die moord.”

Weilbach sê nog mense sal na verwagting in hegtenis geneem word.

Die vrou en die man sal na verwagting binnekort in die Pretoriase Landroshof verskyn vir moord.

Dreyer se seun het aan Rekord bevestig dat sy pa langer as 20 jaar ’n luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was. Hy het by die SAPD-hoofkantoor gewerk.

Nadat hy die polisie verlaat het, het hy die onderneming Jakaranda Grafstene by sy pa gekoop.

Dreyer het die onderneming langer as 20 jaar besit en bedryf.

Dreyer was sy hele lewe ’n inwoner in die Moot.

Hy laat drie seuns en ’n dogter agter. Die begrafnis is nog nie gereël nie.

Dreyer se seun kon nie meer besonderhede oor die moord gee nie omdat die polisie se ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Die Villieria-polisie versoek enigiemand met meer inligting om 012-403-8600 te skakel.

Lees ook: 

Man’s body discovered in man hole

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button