CrimeLocal newsNews

Kattekwaad nou vandalisme

Orchards-inwoner sê haar groentetuin en plante word gereelde verwoes en vernietig deur ’n onbekende vandalis.

’n Orchards-inwoner van Akasia sê sy word deur ’n vandalis geteister wat oor haar muur klim en in haar erf amok maak.

Lizzy Matsomela (64) het aan Rekord vertel dat geruime tyd al sukkel met vermoedelik ’n man, wat oor haar erf se muur spring om plante in haar tuin te verniel.

Matsomela het Maandag die nuwe spore in haar groentetuin uitgewys, wat die vandalis glo die vorige dag gemaak het toe hy van die groente uit haar tuin kom pluk het.

“Hy rig baie skade hier aan. Hy spring oor die muur, vertrap die plante in my tuin en ruk die groente uit die grond,” sê Matsomela.

Sy het ’n paar dae gelede nuwe plantjies geplant. “Hier is spinasie en grasuitjies maar sodra die plante groter word, kom verniel hy weer alles.”

Matsomela sê sy weet nie wat die rede vir die vandalisme is nie.

“Ek vermoed dit is dalk iemand wat ongelukkig is dat ek hier bly. Ek het die huis oorgekoop van die vorige eienaar wat nooit probleme gehad het nie.”

Sy sê die vandalisme het eers as kattekwaad voorgekom. Miskien ’n jong seun wat verveeld was en aandag wou soek.

Sy vertel dit is eers toe die persoon die buiteligte om die huis gebreek het dat sy besef het dit is moedswillige vandalisme.

“Nie een van die buiteligte werk nie, so nou kan ek nie eers in die aand sien of hy in my erf is nie.”

Matsomela beweer die verdagte vandalis het so ver gegaan om haar plante te vergiftig.

“Ek is baie ongelukkig daaroor. My suurlemoenboom het altyd vrugte gedra, en nou is dit dood.”

Sy sê dit kannie nie bloot toeval wees dat verskeie bome in haar erf vrek na die vreemdeling begin het om haar te teister nie.

“Ek was ook by die polisie, maar hulle sê ek moet meer bewyse lewer.”

Matsomela sê sy is bang dat die vandalis verveeld sal raak om haar tuin te verniel en dan by haar huis inbreek om verder amok te maak.

“Ek voel nie meer veilig in my eie huis nie. Ek wil hê hy moet nou ophou om my so te teister.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button