CrimeLocal newsNewsUpdate

Derde verdagte aangekeer in Dreyer-moordsaak

‘n Derde verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van moord op die oud-polisieman Danie Dreyer.

Andrea Küsel

’n Derde verdagte is Woensdagoggend 01:00 in hegtenis geneem in verband met die moord op die oud-polisieman Danie Dreyer (64).

Polisiewoordvoerder kaptein Colette Weilbach sê die verdagte is in Eersterust aangekeer.

“Die verdagte sal môre (Vrydag) in die hof verskyn op aanklag van moord,” sê sy.

Dreyer, ’n Villieria-inwoner, is Maandagaand in Flowersstraat, Capital Park, dood.

Hy is vermoedelik vermoor, sê polisiewoordvoerder kaptein Colette Weilbach.

Dreyer se voormalige vriendin, Estelle Reddy (36), het gister in die Pretoria-landroshof verskyn op aanklag van moord.

Sy het saam met Gerhardus Pienaar Papenfus (42) verskyn – glo haar huidige kêrel.

Die saak is uitgestel vir formele borgaansoeke.

Kaptein Weilbach het aan Rekord bevestig dat Reddy haarself aan die Villieria-polisie oorhandig het.

Reddy het die polisie na Dreyer se huis in Villieria gelei waar hy glo op 28 Maart doodgemaak is ná ’n dispuut oor geld.

“Sy het toe ’n adres in Capital Park gegee waar sy, haar vriend en twee ander mans die lyk in ’n mangat gelos het,” sê Weilbach.

Die polisie het die liggaam Maandagaand gevind. Reddy en Papenfus is in verband met die moord in hegtenis geneem .

Dreyer se seun het aan Rekord bevestig dat sy pa langer as 20 jaar ’n luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was. Hy het by die SAPD-hoofkantoor gewerk.

Nadat hy die polisie verlaat het, het hy die onderneming Jakaranda Grafstene by sy pa gekoop.

Dreyer het die onderneming langer as 20 jaar besit en bedryf.

Dreyer was sy hele lewe ’n inwoner in die Moot.

Hy laat drie seuns en ’n dogter na.

Die Villieria-polisie versoek enigiemand met meer inligting om 012-403-8600 te skakel.

Lees ook: 

Vermoorde Moot man se voormalige vriendin verskyn in hof

Oud-polisieman dood in die Moot gevind

Man’s body discovered in man hole

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button