Schalk is terug skool toe
Affies seun terug in skool 74 dae nadat hy deur bus getrap is.
Slegs 74 dae nadat hy amper dood is toe ’n bus hom raakgery het, is Schalk Viljoen (16) terug skool toe.
Sy ma Karen sê hy is baie moeg in die middae wanneer hy huis toe gaan, maar word elke dag beter.
“Dit is vir my senutergend om hom skool toe te stuur,” sê sy.
“Maar ek weet hierdie is die begin van ons terugkeer na normaliteit.”
Rekord het Schalk in Februarie besoek, kort nadat hy uit die hospitaal onstlaan is. Hy het toe gesê dat hy beter voel, maar steeds die letsels van die ongeluk dra.
Schalk is op 22 Januarie voor die Afrikaanse Hoër Seunskool deur ’n A Re Yeng bus raakgery.
Sy pa, wat hom pas by die skool afgelaai het, het gesien iemand word raakgery, maar nie onmiddellik besef dat dit is sy eie seun was nie.
Viljoen is na Meulmed-hospitaal gehaas en in ’n geïnduseerde koma geplaas.
Hy het verskeie beserings opgedoen en daar was ernstige bloeding en druk op sy brein. Sy toestand het elke dag ’n bietjie verbeter.
Die herstelproses was stadig en Schalk het baie aande gesukkel om te slaap met die suurstofpype in sy neus en keel. Daar is later besluit om ’n trageotomie te doen sodat die pype verwyder kon word.
Nadat hy ontslaan is, het hy verder by die huis herstel. Hy en sy pa het ook tyd spandeer en gaan visvang.
Sy pa het sê: “Ek het nie woorde om my dankbaarheid te beskryf nie. Die Here se genade – onbeskryflik groot. Mense se gebede, ondersteuning en belangstelling, julle het die moeilike tyd draaglik gemaak.”
“Nou neem ons elke dag op sy eie, beplan wel vooruit, maar weet dat planne vinnig kan verander.”
Schalk se toestand word steeds fyn gemonitor, maar dit blyk of hy ten volle gaan herstel.
Lees ook:
Gr 11-seun sterk aan na bus-stamp
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
