CrimeLocal newsNews

Twee betrap met dwelms

Wonderboompoort-polisie het twee mense aangekeer toe hulle met dwelms betrap is tydens ‘n misdaadvoorkomings aksie.

Andrea Küsel

Twee verdagtes is Woensdagmiddag met sowat R16 000 se dwelms vasgetrek. Hulle is in Voortrekkersstraat, Wonderboom-Suid vir dwelmbesit in hegtenis geneem.

Wonderboompoort-polisiewoordvoerder Kaptein Pierre Vigoureux sê die 32-jarige man en 22-jarige vrou is by ’n wendy-huis in ’n erf in hegtenis geneem.

“Die arrestasie is gemaak deur Sersant Laas van die Wonderboompoort-polisie in samewerking met die misdaadvoorkomingeenheid van dié stasie,” sê Vigoureux.

Die polisie het beslag gelê op 14 pakkies heroïen en 408 leë pakkies wat voorheen heroïen bevat het.

“Die waarde van die dwelms is ongeveer R16 000. Die arrestasie is te danke aan ’n misdaadvoorkomingaksie wat Woensdagmiddag uitgevoer is deur die misdaadvoorkomingseenheid van die Wonderboompoort-polisie,” sê Vigoureux.

Die twee verdagtes sal Donderdag (7 April) in die hof verskyn.

Lees ook: 

Melgisedek se dae getel

Tienerdogter van Moot verdwyn

Derde verdagte aangekeer in Dreyer-moordsaak

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button