CrimeLocal newsNews

Familielid vas na moord op pastoor

‘n Familielid is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n pastoor in die Moot.

’n Aangetroude familielid van die vermoorde pastoor Elsabe van Niekerk (55) is Maandagmiddag kort na haar dood vasgetrek.

Kaptein Danie de Jager, speurtakbevelvoerder by die Wonderboompoort-polisie, sê die 28-jarige is in Rietondale in hegtenis geneem in verband met die moord.

Polisiewoordvoerder konstabel Tumisang Moloto sê die man word by die Wonderboompoort-polisiestasie aangehou en sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie het Maandagmiddag omstreeks 13:00 ’n klag ontvang van bure wat ’n onderonsie gehoor het waarna lede na die huis in 8ste Laan naby Ben Swartstraat gestuur is.

Moloto sê die polisie het op die vrou se bebloede lyk in ’n erf by ’n paneelklop-onderneming afgekom.

‘n Bloedbevlekte mes is op die toneel gekry.

“Die mes is vermoedelik gebruik om die moord te pleeg,” het Moloto aan Rekord gesê.

Nooddienste Paramedics on Call het die vrou op die toneel dood verklaar.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Van Niekerk was ’n pastoor by die Herlewingslig Sentrum in Zandfontein en ’n radio-omroeper by die radiostasie Rainbow Gospel Radio.

Nico en Corne Liebenberg van Rainbow Gospel Radio sê Van Niekerk was geliefd was onder dié radiostasie se luisteraars.

“Ons het byvoorbeeld ‘n luisteraar in België wie elke oggend spesiaal baie vroeg opgestaan het om te luister na Pastoor Elsabe se program: Begin vandag met God, wat elke weeksdag van 6-7 in die oggende uitgesaai is.”

“Ons harte is seer en daar is soveel vrae in ons gemoedere.”

Sy laat twee kinders en twee kleinkinders agter.

Sy het op haar profiel op Rainbow Gospel Radio geskryf dat haar kleinkinders haar hart se punt is.

“Oumie en oupie se hart se punt is ons pragtige twee kleinkinders. Glo my, ons word heeltemal om hul pinkies gedraai.”

Van Niekerk was ook ’n gospel-sangeres en het drie albums agter haar naam. Sy was ook ’n motiveringspreker by seminare en vrouekampe.

Lees ook: 

Verdagte vas na moord op geliefde pastoor

Brutal murder hits Moot

Mutilated woman found dead

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button