CrimeLocal newsNewsUpdate

Vierde verdagte in Dreyer-moordsaak handig homself oor

Die vierde verdagte in verband met die moord op die oudpolisieman het homself aan die polisie oorhandig.

‘n Man in sy 40’s het Dinsdagmiddag homself aan die polisie oorhandig in verband met die moord op Danie Dreyer (64).

Polisiewoordvoerder kaptein Colette Weilbach het bevestig dat die man van Eersterust homself omstreeks 15:30 by die Villieria-polisiestasie oorhandig het.

“Hy sal waarskynlik Donderdag in die Pretoria-landroshof verskyn op aanklagte van moord,” sê Weilbach.

Dreyer se lyk is verlede week in ’n mangat in Flowersstraat, Capital Park, gekry.

Sy voormalige vriendin, Estelle Reddy (36), het haarself ook vroeër aan die Villieria-polisie oorhandig nadat Dreyer glo op 28 Maart doodgemaak is.

Reddy het die polisie na Dreyer se huis in Villieria gelei waar hy glo doodgemaak is ná ’n dispuut oor geld.

“Sy het toe ’n adres in Capital Park gegee waar sy, haar vriend en twee ander mans die lyk in ’n mangat versteek het,” sê Weilbach.

Die polisie het die lyk verlede Maandagaand gevind. Reddy en haar huidige geliefde, Gerhardus Pienaar Papenfus (42) is in verband met die moord in hegtenis geneem.

’n Derde verdagte, Kevin Johnson van Eersterust, is verlede Woensdagoggend om 01:00 in hegtenis geneem.

Die drie sou Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van moord.

‘n Gedenkdiens sal Woensdag vir Dreyer gehou word.

Lees ook:

Familielid vas na moord op pastoor

Verdagte vas na moord op geliefde pastoor

Brutal murder hits Moot

Mutilated woman found dead

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button