CrimeLocal newsNewsUpdate

Vierde man verskyn oor oud-polisieman se moord

Die saak teen die vierde verdagte in the Dreyer moord is uitgestel tot 22 April, wanneer al vier verdagtes aansoek om borg sal doen.

‘n Vierde verdagte in die moord op ‘n oud-polisieman van die Moot het Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Ruvan Furst het homself Dinsdag aan die Villieria-polisie oorhandig.

Die saak is uitgestel tot 22 April, wanneer al vier verdagtes aansoek om borg sal doen.

Danie Dreyer (64) se lyk is verlede Maandag in ‘n mangat in Flowersstraat, Capital Park aangetref.

Sy voormalige vriendin Estelle Reddy (36), haar huidige vriend Gerhardus Pienaar Papenfus (42) en Kevin Johnson (29) het reeds in verband met die moord in die hof verskyn.

Reddy het haarself aan die Villieria-polisie oorhandig. Sy het hulle na Dreyer se huis in Villieria gelei waar hy glo op 28 Maart doodgemaak is ná ’n dispuut oor geld.

Sy het toe ’n adres in Capital Park gegee waar sy, haar vriend en twee ander mans die lyk in ’n mangat gelaat het.

‘n Gedenkdiens is Woensdag vir Dreyer in die Christian Revival Church in Lynnwoodweg gehou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button