’n Man is dood toe ’n vragmotor Donderdagaand deur ’n tolhek naby Pretoria geploeg het.
Villieria-polisiewoordvoerder kaptein Coba Brits sê iets het skynbaar skeefgeloop met die voertuig waarna dit deur die valhek by die Stormvoël-afrit gebars het.
Die ongeluk het omstreeks 20:00 gebeur.
“Die vragmotor het eers ’n Isuzu-bakkie getref, koers verloor en toe ’n man raakgery wat langs die pad gestaan het,” sê Brits.
Die man het ’n probleem met sy motor gehad en langs die pad stilgehou.
“Hy is dood toe hy getref is,” sê Brits.
Brits sê besonderhede oor die ongeluk word ondersoek en dit is nog nie duidelik wat skeefgeloop het nie.
“’n Saak van strafbare manslag word by die Villieria-polisie ondersoek.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n e-pos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits
