CrimeLocal newsNews

Man ontbloot homself aan tienermeisie

’n Man met ’n donkerbril het glo sy ruit afgerol en die tienermeisie nadergeroep.

’n Man het homself glo ontbloot voor ’n hoërskoolmeisie in die noorde van Pretoria.

Die 17-jarige leerling is nog in skok nadat die man homself Dinsdagmiddag in ’n voertuig aan haar opgedring het, sê haar voog.

Dit het glo voor ’n skool in Dr Daan De Wet Nellaan gebeur.

“Daar is ’n ‘WiFi-hotspot’ net langs die skool waar sy gewag het na skool,” vertel die voog.

“Drie voertuie het in die omgewing stilgehou. Een van hulle het agteruit gery en feitlik langs haar tot stilstand gekom.”

’n Man met ’n donkerbril het glo sy ruit afgerol en die tienermeisie nadergeroep.

“Hy het in Engels gesê: ‘look here’, waarna hy toe homself aan haar ontbloot het.”

Die voog sê die meisie het dadelik teruggetree,

“Sy het die registrasienommer probeer afneem met haar selfoon, maar het in haar skok die foon laat val.”

Die man se voertuig is beskryf as ’n wit Hyundai of Honda.

Die man het donker hare en is vermoedelik in sy laat twintigs of sy vroeë dertigs.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button