CrimeLocal newsNews

‘Pappa’ dood na N1-noord ongeluk

’n Pa van drie is in die hospitaal dood na ’n kop-aan-kop botsing op die N1-noord voor die Sefako Makgatho (Zambezi) afrit.

Deon van der Merwe (41) is kort na ’n kop-aan-kop botsing op die N1-noord Sondagoggend oorlede.

“Sy jongste babatjie is net Vrydag gebore,” het vriende van die familie Maandag aan Rekord vertel.

Die pa van drie was glo oppad na sy huis die aand na ’n besoek aan sy vrou en hul twee-dae-oue baba in die hospitaal.

“Deon was na ’n vriend se huis toe, wat toe ook nog agter hom aangery het voor die ongeluk. Hy het sy vrou nog gebel om te sê dat hy gaan deur ry huis toe in Brits na hul twee kinders,” het ’n familie-vriend vertel.

Van der Merwe het in die regterbaan van die pad in sy bakkie gery toe ’n Volkswagen Polo, wat teen die verkeer in gery het, met hom gebots het.

“Daar was een groot slag toe die twee voertuie met mekaar bots,” het ’n ooggetuie vroeër aan Rekord gesê.

Catherine Mushi het ’n kort video opname met Rekord gedeel wat haar seun, Katlego, die Sondagoggend om 00:10 met sy selfoon vasgevang het.

Die opname wys hoe ’n voertuig, met sy noodligte aan, in die teenoorgestelde rigting teen die verkeer in ry.

Sien video:

“Ek het by die spoedlimiet van 120 km/u gehou, en daai bestuurder het verby ons gesnel teen ’n ongelooflike spoed,” het Mushi vertel.

Nog ’n ooggetuie, Elize Oberholzer van Rooyen, sê sy ly nog aan skok na die Polo hul familie-voertuig skrams gemis het.

“Ek het weer sulke koue rillings gekry toe ek die video sien… Daai bestuurder het ons net gemis.”

Oberholzer van Rooyen vertel hul is die aand laat na haar 13-jarige se verjaarsdagpartytjie oppad terug na hul huis.

“Ons drie dogters en hul vriende was saam met my en my man in die kar.”

Sy verduidelik haar man het net voor ’n trok op die pad in die middelbaan in beweeg toe die voertuig verby hul gejaag het.

“As my man nie op daai oomblik besluit het om bane te wissel nie… dit het so so vinnig gebeur en daar is nie ’n manier wat ons sou betyds kon uitswaai het as ons in die regtebaan gebly het nie.”

’n Paar meter verder het die Polo met Van der Merwe se bakkie gebots, het sy vertel.

Met die botsing is die bestuurder van die Polo opslag dood.

Van der Merwe is op die toneel deur nooddienste gestabiliseer en na die naaste hospitaal gehaas.

Hy het egter kort na sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Familie-lede kon nie onmiddelik met Rekord Maandag praat oor die ongeluk nie.

Die identiteit van die bestuurder in die Polo is steeds onbekend.

Ooggetuies op die toneel het ook beweer dat ’n polisievoertuig glo die Polo agternagesit het.

“Die beweerings kan ons onglukkig nie op hierdie tyd bevestig nie,” het Sinoville-polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Johan van Dyk aan Rekord gesê.

Lees ook:

Superbiker killed in crash

Night of accidents in Pta

Man seriously injured in horrific accident

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button