Vier met dwelmmiddels en geld gevang
Die vier jong mense is naby ’n laerskool gewaar waarna hul die polisie probeer ontwyk het in ’n jaagtog deur Paul Krugerstraat.
Drie jong mans en ‘n vrou is Dinsdag aangekeer toe dwelmmiddels by hulle gekry is na ’n jaagtog deur die Moot.
Wonderboompoort-polisie en GPFs is omstreeks 14:20 ontbied na die toneel waar vier verdagte dwelmhandelaars vasgetrek is op die hoek van Paul Kruger-en Fred Nicholsonstraat.
‘n Offisier op die toneel, kaptein Hendrik Lezar, het aan Rekord vertel hoe hy ’n Volkswagen Polo met vier insittendes agterna gesit het.
“Ek het die een jong outjie agter in die kar gesien ’n pypie rook,” verduidelik Lezar.
Hy het die Polo gewaar naby Laerskool Mayville gewaar.
Met die hulp van polisiebeamptes en lede van die GPF is die drie mans en ’n vrou op toneel in hegtenis geneem met dwelmmiddels en ’n groot bedrag kontant in hul besit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
