CrimeLocal newsNews

Saak oor pastoor se moord uitgestel

Die skoonseun van die vermoorde pastoor sal volgende maand terug in die hof wees.

‘n Jong man wat verdink word van die moord op pastoor Elsabe van Niekerk in die Moot sal volgende maand weer in die hof verskyn.

Die 28-jarige Stefan Visser het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn vir ‘n borgaansoek.

Kaptein Danie de Jager van die Wonderboompoort-polisie sê die saak is uitgestel tot vroeg in Junie. Argumente rakende borg sal dan aan die hof voorgelê word.

“Visser sal in aanhouding bly tot dan,” sê De Jager.

Visser word verdink van die moord op sy skoonma nadat sy in April wreedaardig met ’n mes doodgesteek is.

Van Niekerk se lyk is in Gezina by ’n paneelklopper-onderneming aangetref. Visser is dieselfde dag in Rietondale in hegtenis geneem.

In ’n vorige hofverskyning is genoem dat Visser getroud was met die vermoorde pastoor se dogter.

Die staat het aangevoer dat Visser se skoonpa die dag voor Van Niekerk se moord met hom in ’n argument betrokke was omdat hy nie onderhoud betaal het nie.

Die volgende dag het Visser en Van Niekerk oor dieselfde onderwerp rusie gemaak. Die hof het gehoor dat Visser by die paneelkloppery met ’n klapmus en ’n vuisyster opgedaag het.

Dit was glo toe dat hy Van Niekerk doodgemaak het.

Die bure het glo ’n video en foto’s geneem wat deur die polisie ondersoek word.

Visser het glo met ’n motorfiets van die toneel gevlug en is later by die huis van sy huidige vriendin se ouma in hegtenis geneem.

Die saak word ondersoek deur die Wonderboompoort-polisie.

Lees ook:

Familie-lid vas oor moord op pastoor

Verdagte vas na moord op liefde pastoor

Skoonseun verskyn in hof na moord op geliefde pastoor

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button