Boewe vinnig vasgetrek ná roof
Sigarette ter waarde van duisende rande is gekonfiskeer na die kaping in die Moot.
Twee mans is Woensdagoggend in hegtenis geneem na ’n kaping in East Lynne.
Villieria-polisiewoordvoerder kaptein Coba Brits sê ’n verkoopsman van die sigaretvervaardigingsmaatskappy British American Tobacco is omstreeks 08:15 in East Lynne beroof.
“Die gewapende mans het sigarette ter waarde van sowat R70 500 gesteel,” sê Brits.
Die verkoopsman het ’n beskrywing van die verdagtes se voertuig aan die polisie verskaf, waarna ’n soektog vir die rowers begin is.
“Twee mans was in die voertuig en is in Stormvoëlweg afgetrek,” sê Brits.
Kartonne sigarette asook ’n toestel wat seine blokkeer is in die rowers se voertuig gevind en op beslag gelê.
Die mans word by die Eersterust-polisiestasie aangehou en sal later by die Villieria-polisiestasie aangekla word.
Die polisie is opsoek na nog verdagtes wat met dié misdaad verbind word.
Lees ook:
Gewapende roof by bekende winkel in die Moot
Drie aangekeer vir gewapende roof
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.
