Pretoria-moorde ondersoek
Twee moorde wat die afgelope jaar in Pretoria plaasgevind het, word deur ‘n privaatspeurder ondersoek.
’n Pretoriase konstabel wat verdink word van die moord van ’n kollega sal volgende maand weer in die hof verskyn.
Konstabel Rishen Rampashard sal op 1 Julie terug wees in die Pretoria-landroshof in verband met die moord op luitenant-kolonel Reinier Lagois (42).
Privaatspeurder Mike Bolhuis sê die ondersoek moet nog afgehandel word.
“Ons wag nog vir ’n ballistiese verslag nadat die vermoorde se dienspistool verlede maand gevind is.”
Volgens Bolhuis is Lagois se wapen by ’n man gekry wat in hegtenis geneem is weens dwelmbedrywighede.
Lagois is in Januarie by sy huis in 20e Laan, Rietondale doodgeskiet.
Sy familie het besluit om die dienste van privaatspeurder Mike Bolhuis in te span om die moord te ondersoek.
Lagois se broer Hennie het vroeër gesê die vermoorde polisieman was betrokke in ’n liefdesdriehoek kort voor sy dood.
Hy het gesê Lagois het saam met ’n gewese vriendin Caroline Naidoo in die huis gewoon waar hy vermoor is.
Naidoo is ’n voormalige bevelvoerder van die Pretoria-Wes-polisiekantoor.
Rampashard en Naidoo was na bewering in ’n verhouding.
Die moontlikheid dat Naidoo dalk betrokke was by die moord word ondersoek.
Intussen ondersoek Bolhuis die moord van nog ‘n polisieman – in April in Waterkloof – wat dalk gekoppel kan word aan dié van Lagois.
Sersant Ridwan Alli is op 23 April dood in sy motor buite sy huis gevind.
Daar is oorspronklik vermoed dat Alli selfmoord gepleeg het, maar Bolhuis sê ’n moorddossier is nou geopen.
Bolhuis sê Alli se dood word ondersoek omdat daar ’n vriendskaplike verhouding was tussen hom, Rampashard en Naidoo.
“Daar is nie noodwendig ’n verbintenis tussen die twee moorde nie maar ons ondersoek die moontlikheid.”
Die ondersoek duur voort.
Lees ook:
Privaatspeurder gaan moot offisier se moord ondersoek
Cop appears in court for murder of police officer
Arrest made in Moot cop murder case
Police officer shot and killed in Moot home
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
