CrimeLocal newsNews

Die Moot se misdaad probleemareas

Inwoners is gewaarsku om paraat te wees in dié plekke.

Rolspelers in die Moot het onlangs sekere probleemgebiede in die Moot as hoë misdaadsgebiede geïdentifiseer.

Kilnerpark Sekuriteit se Ancelize van der Kooi sê ’n groot probleem in die Moot is besigheidsinbrake.

“Besighede word op die oomblik baie geteiken,” sê sy.

Van der Kooi sê boewe skakel die besigheid se krag af oor naweke en wag dan totdat die alarm se battery pap is.

“Sodra die alarm dood is, breek die misdadigers in,” sê sy.

Sy sê ’n ander probleemgebied is huise naby spruite en treinspore.

“Daar is baie huisinbrake naby die treinspoor, veral in Nico Smith- en Pierneefstraat,” sê Van der Kooi.

Verder meen Van der Kooi is motordiefstal ’n probleem by winkelsentrums.

“Boewe wat motors steel is ’n groot probleem. Dit kom oral in die Moot voor,” sê sy.

Kabeldiefstal is ook ’n probleem in die Kilnerpark-omgewing.

Theo Breedt van ‘Moot Crime Prevention’ (MCP) het die volgende gebiede as probleme geïdentifiseer:

– 14e Laan en Meyerstraat vir motordiefstal

– 16e Laan en Meyerstraat vir motordiefstal

– Codonialaan vir motordiefstal

– Hoek van Stead- en Soutpansbergweg vir motordiefstal

– Adcock en 13e Laan vir huisinbrake

Kaptein Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisiestasie, het vroëer aan Rekord gesê dat diefstal uit motors ’n probleem by winkelsentrums raak, veral in Codonialaan, Waverley.

“Mense los waardevolle items soos skootrekenaars en ander elektroniese ware in hul motors wanneer hulle hul motor verlaat. Dit is dan wanneer diewe motors se vensters breek en die besittings steel,” sê sy.

Brits waarsku ook om nie oop en bloot besittings uit motors te haal en dan in die kattebak toe te sluit nie.

Misdadigers is altyd op die uitkyk en kan maklik by ’n kattebak inbreek as hulle weet daar is kosbare items in.

Die Villieria-polisie het voertuigeienaars gemaan om nie met handsakke of elektroniese ware op passasiersitplekke te ry nie en om seker te maak al die deure is gesluit.

“Maak seker jou motor se deure is gesluit deur daaraan te voel. Afstandbeheertoestelle word gereeld deur misdadigers gebruik om te keer dat motordeure sluit,” sê sy.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button