Tuinwoonstel in noorde glo leeggedra deur huishulp
‘n Onderwyseres van Pretoria Noord was stomgeslaan toe sy na ‘n leë tuinwoonstel teruggekeer het na werk.

’n Vrou van Pretoria-Noord het onlangs die nare ontdekking gedoen dat ’n tuinwoonstel op haar erf leeg gedra is.
Sedertdien kry sy glo dreigende boodskappe van die huishulp wat sy verdink.
“Sy beweer dat ek haar geld skuld,” vertel Carmen van der Merwe, ’n laerskool-onderwyseres.
Van der Merwe besit ’n huis in Amandasig met twee tuinwoonstelle op die perseel.
“Ek het my huishulp in die begin van Mei toestemming gegee om een van die woonstelle te betrek. Die woonstel was ten volle gemeubileer.”
Alles het goed gegaan tot Dinsdagmiddag toe Van der Merwe tuiskom na werk.
“Toe ek in die woonstel inloop het was hy heeltemal leeggedra en die huishulp was weg,” sê sy.
Die verdwene goedere sluit in ’n sitkamer- en slaapkamermeubels, gordyne, ’n mikrogolfoond en ’n DVD-speler in.
Van der Merwe het intussen ’n klag van diefstal by die Akasia-polisie gelê.
Kommentaar van die polisie kon nie dadelik bekom word nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
