Kabeldiewe loop hul rieme styf in Moot
Koperkabels met ‘n geskatte waarde van ‘n half-miljoen rand is op beslag gelê Maandagoggend.
’n Koperkabeldief is Maandag in die Moot in hegtenis geneem.
Drie van sy medepligtiges het weggekom, sê die Moot-polisiekantoor.
Adjudant-offisier Anton Breedt sê twee polisie-offisiere se aandag is omstreeks 10:00 deur ’n stilstaande voertuig in Steve Bikorylaan en Malanstraat getrek.
“Hulle het vier verdagtes opgemerk wat binne die voertuig gesit het. Die polisiebeamptes het die voertuig genader en het die mans beveel om uit die voertuig te klim.”
Drie van die mans het weggehardloop terwyl die vierde een aangekeer is by dié voertiuig.
“Nadat hulle die man in hegtenis geneem het, het hulle die voertuig deursoek. Die polisiebeamptes het vier rolle koperkabels in die voertuig gevind,” sê Breedt.
Luister na die klankgreep:
Breedt sê die herkoms van die kabels moet nog bepaal word. Die geskatte waarde daarvan is R500 000.
“Ons het maklik meer as ’n 100 meter se koperkabels.”
Breedt sê die voertuig is van Limpopo en die man wat aangekeer is, is 26 jaar oud en moontlik ‘n buitelander.
“Bloed is ook gevind op die voertuig wat gestuur sal word vir forensiese ontleding. Vervalste nommerplate is in die voertuig gekry,” sê Breedt.
Hy sê die polisie verwag om nog mense vas te trek.
Lees ook:
Tweede skool ’n teiken vir diewe
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

