Hoërskool Pretoria-Noord blink uit in sport
Skool spog met Pretoria-Noord sportsterre.
Hoërskool Pretoria-Noord wens drie sportsterre baie geluk met hul besonderse prestasies.
Armand van den Berg, ’n matriekleerling, is gekies om deel te wees van die nasionale 0.19-sagtebalspan. Hy gaan saam met dié span deelneem aan die Wêreldkampioenskappe in Michigan, VSA van 21 Julie tot 1 Augustus.
Suane Holtzhausen (graad 10) is gekies as lid van Gauteng se 0.16-netbalspan.
Willie van Rooyen ’n graad 8-leerling aan Hoërskool Pretoria-Noord het onlangs aan die SA “kickboxing”-kampioenskap deelgeneem en in drie afdelings goud verower. Hy is ook aangewys as die SA kampioen in al drie style in sy gewigsklas.
Lees ook:
Hoërskool Pretoria-Noord spog met sy bestes
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
