Uithaler Skaakspelers
Nie net het Arnold Schwarzenegger self die wedstryde kom dophou nie, maar die Laerskool Swartkop se span is as wenners bekroon na vyf naelbyt wedstryde.
Die senior-skaakspan van Laerskool Swartkop het Vrydag en Saterdag deelgeneem aan die Arnold Classic Team Chess, waar ‘n span as ‘n eenheid moet saamwerk om die ander spanne uit te stof, sonder om te kommunikeer .
Waar skaak gewoonlik ‘n individuele spel is, moes die span saamwerk om mekaar te verstaan. Elke span is net so sterk soos sy swakste skuif of speler en die Swarries het soos een span saamgewerk en mekaar uitstekend gelees en vinning en akuraat gespeel.
Tydens die twee dae is 47 wedstryde afgehendel. Saterdag se rondes was almal uitklop- wedstrydte om die wenners te kroon.
Nie net het Arnold Schwarzenegger self die wedstryde kom dophou nie, maar Laerskool Swartkop se span is as wenners bekroon na vyf naelbyt wedstrydte. Arnold Schwarzenegger is self ook ‘n skaakspler met ‘n nasionale gradering van 1 500+.
Die span wat die skool verteenwoordig het was van links: Jonny Erasmus, Pieter Reyneke, Kate Roberts, Luan Bekker, Meirin Wasserman.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord onFacebook, follow us on Twitter or Instagram.
- We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

