EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Groot vreugde by Boeremusiek kuierfees

Die fees is bygewoon deur veral ouer gardes, maar oud en jonk het die dansvloer betrek om die musiek te geniet.

Oud en jonk het Saterdag hulle dansskoene aangetrek om Die Groot Boeremusiek Kuierfees in Lyttelton Stadsaal, Centurion, by te woon.

Die fees, georganiseer deur die Boeremusiekgilde, het 21 orkeste uit die noordstreek sien optree.

Die dag was geoepen deur Janco Drescher/Dinsdag Orkes en die gehoor kon daarna die ritmiese klanke van onder andere Brendan Bouwer, Die Kwaggas, Bredell Dans Orkes en die Vonkel Orkes luister.

Die fees is bygewoon deur veral ouer gardes, maar oud en jonk het die dansvloer betrek om die musiek te geniet.

Die Boeremusiekgilde is ‘n nie-winsgewende, nie-politieke kultuur-organisasie.

Hulle doel is die behoud, bevordering en uitbouing van tradisionele- en eietydse boeremusiek wat Afrikaanse musiek in die ritmiese idioom insluit.

Lees ook:

Water in Waverley getref

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button