Rookwolk wil nie wyk
“Daar word absoluut niks gedoen aan die probleem met die brand van voertuigbande nie.”
Inwoners in die noorde van Pretoria is erg omgekrap oor ’n nagtelike rookwolk wat nie wil wyk nie.
Hulle sê die rookwolk, wat deur brandende bande veroorsaak word, is na maande steeds ’n probleem.
“Dis ’n gesondheidsrisiko vir almal wat in die omgewing bly,” sê Jaco Greyvenstein, ’n inwoner in Dorandia.
Die plek waar voertuigbande verbrand word, is vroeër tussen die N4 snelweg en die Willem Cruywagenpad uitgewys.
’n Inwoner het foto’s met Rekord gedeel van die groot swart wolk.
“Hulle gaan voort om bande te brand, twee tot drie keer ’n week,” sê die inwoner wat die foto’s verskaf het.
GPF-lede sê die bande verbrand vir die staal wat dit bevat.
“Wanneer hulle (brandstigters) brand kan mens die swaar chemikalieë in die lug ruik. Elke keer na hul gebrand het is my vrou siek,” vertel Greyvenstein.
“Dit gaan beslis ’n langtermyn-effek op ons gesond hê as hulle so aangaan.”
Tshwane-metro woordvoerder Lindela Mashigo het verlede maand aan Rekord gesê dat die departement van omgewingsbestuur is besig om ’n operasie te reël om die onwettige bedrywighede hok te slaan.
“Dit lyk nie of die brandstigters hul aan die owerhede steur nie,” sê nog ’n inwoner.
“Hulle volg nie ’n spesifieke patroon wanneer hul brand nie. Die bande word laat aand of in die vroeë oggendure gebrand.”
Rekord het weer navraag gedoen en wag op terugvoer van die metro.
Lees ook:
Operasie om donkerwolk op te klaar
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
