OPVOLG: Onderhoof se toestand bestendig
“Die inwendige bloeding het gestop. Dit gaan goed met Johan.”
Akasia-onderhoof Johan du Toit herstel goed in die hospitaal nadat hy sowat sewe weke gelede nege keer deur inbrekers geskiet is.
Sy vrou Retha sê sy toestand is bestendig waar hy in Eugene Marias-hospitaal behandel word.
In ’n boodskap aan Rekord Donderdagaand sê sy:
“Dit gaan goed. Bloeding stop. Hy in isolasie..bakterie..maar onder beheer. Net ek en kinders word by hom toegelaat.”
Sy sê Du Toit het vroeër ’n prosedure ondergaan nadat inwendige bloeding opgemerk is.
“Die prosedure was ’n sukses. Ons prys en loof die Here – dit gaan goed met Johan.”
Du Toit het inbrekers in sy huis betrap wat toe telkemale op hom geskiet het.
Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die roof en poging tot moord nie.
Lees ook:
Onderhoof na ses weke onder verdowing
OPVOLG: Akasia-onderhoof steeds kritiek na skietery
Vrou praat oor Akasia-skietery
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
