CrimeLocal newsNews

Koeël mis sakeman, rowers vlug met duisende

“Dis net genade van die Here dat hy my mis geskiet het.”

’n Sakeman in die Moot is Maandagaand van duisende rande besteel.

Robert Marshall sê sy onderneming in Eloffsdal is die aand deur drie gewapende mans geteiken.

“Hulle het by die hek ingeglip na van my werksnemers uitgegaan het,” sê Marshall.

Hy vertel hoe een van die verdagtes ’n geweer op hom gerig het en sonder waarskuwing die sneller getrek het.

“Dis net die Here se genade dat hy my mis geskiet het… hy het skaars meer as ’n meter van my af gestaan toe hy die wapen gevuur het.”

Marshall sê die verdagte het weer gedreig om hom te skiet.

“Terwyl hy my na die badkamer gevat het om my toe te sluit, het hy ’n paar keer met die geweer na my gemik om te skiet.”

Marshall sê die rowers het met ’n groot bedrag kontant gevlug.

“Vanuit die badkamervenster kon ek sien hoe die drie uithardloop en ek het toe om hulp geroep. Toe ek die veiligheidshek wou sluit, het ek agtergekom dat hulle ook al my sleutels gevat het… van my motor, my besigheid – alles.”

Marshall sê misdadigers kraai koning in die gebied en sê ’n motorhandelaar is vroeër deur rowers geteiken.

“Net nou die dag is ’n vrou hier in ’n huis in Fransinastraat vasgemaak nadat rowers toegeslaan het.”

Marshall het die onlangse roof by Wonderboompoort-polisiekantoor aangegee.

Lees ook:

UPDATE: Police pounce on five armed robbers

Motor binne sekondes gesteel

Garden buried in raw sewage

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button