CrimeLocal newsNews

Motor binne sekondes gesteel

’n Video wat onlangs met Rekord gedeel is, wys hoe maklik ’n kardief ’n motor in Sinoville steel.

’n Sinoville-motordief het binne sekondes met sy buit gevlug en ’n jong bestuurder moedeloos en sonder vervoer agtergelaat.

Savannah Malherbe (19) het Sondag aan Rekord vertel hoe ’n dief Donderdagaand binne 40 sekondes by haar motor ingebreek en weggery het.

“Ek het my kar voor die huis parkeer en was net ’n paar minute binne. Toe ek uitkom, was my kar weg,” vertel sy.

Sien die video:

“Ek dink hy (die dief) moes my agtervolg het. Ons bly reg oorkant die Sinoville-sentrum en ek glo die man het my dopgehou.”

Malherbe se ma Wilma Marshall beskryf die diefstal as “traumaties”.

“Ek is self al drie keer gekaap. Om te dink dieselfde kon met my dogter gebeur het.”

Marshall, ’n motorhandelaar, sê motordiefstal blyk veral ’n probleem in die Sinoville-omgewing te wees.

“Net nou die dag het drie kliënte vir my gesê dat daar by hul motors in Sinoville ingebreek is.”

Marshall sê: “My dogter het pas begin werk en moet haar kar nog betaal – ’n kar wat sy nou nie meer het nie.”

Die diefstal van die ligblou Mazda Midge is by Sinoville-polisiekantoor aangemeld.

“Hierdie diewe is professioneel. Motordiefstal is hul beroep,” het ’n Sinoville-inwoner aan Rekord gesê.

“’n Paar minute is al wat hulle nodig het om jou motor te steel.”

Polisiewoordvoerder adjudant-offisier Johan van Dyk vra motoriste om op hul hoede wees.

“Motordiefstal, veral by winkelsentrums, bly ’n bron kommer,” sê hy.

“Ons vind dat daar steeds motoriste is wat nie diefstalle by die polisie of winkelsentrums wil aanmeld nie.”

Van Dyk sê die polisie en winkelsentrums moet weet waar misdadigers bedrywig sodat teenmaatreëls getref kan word.

Lees ook:

VIDEO: Brand in die Moot

Petrol available again

Groente vir die gemeenskap

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button