CrimeLocal newsNews

Kabeldief loop sy rieme styf

’n Man gevang toe hy ‘n kragkabel probeer steel.

’n Kabeldief is gevang toe hy en twee ander mans kragkabels in die Moot probeer steel het.

Kilnerpark Sekuriteit het die drie Maandagoggend op heterdaad betrap op die hoek van Soutpansbergweg en Northstraat.

“Dit het vroegoggend gebeur tussen 01:30 en 02:30,” vertel Ancelize van der Kooi van Kilnerpark Sekurtiet.

“Een van die verdagtes is gevang maar ongelukkig het die twee ander weggekom.”

Van der Kooi sê: “Gelukkig kon hulle nie ontsnap met enige van die kabels nie – danksy die reaksie-offisiere wat vinnig op die toneel was.”

Die kabeldief is aan die Villieria-polisie oorhandig en sal binnekort in die hof verskyn.

Lees ook: 

Jong Samaritaan sterf in fratsongeluk

Kragmanne laat wiel in ongewone marathon

OPVOLG: Ma in rou na motorfietsryer sterf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button