Hoërskool Oos-Moot hou ATKV-talentaand
'n Aand gevul met sang, dans, drama, instrumentspel en verskeie unieke talente
Hoërskool Oos-Moot se Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV ) jeugtak, die ATKV Taaltoktokkies, het onlangs talentaand gehou.
Daar was sang, dans, drama, instrumentspel en verskeie talent-vertonings soos beatbox, vuurspoeg en kostuum-grimering.
“Dit was ’n groot aand met groot talent en nog ’n groter wenner,” sê Hoërskool Oos-Moot se woordvoerder, Ilanri Croucamp.
Die beoordelaars het volgens Croucamp koppe gekrap om ’n wenner te bepaal.
“Dit was glad nie ’n maklike taak nie, tog het hulle daarin geslaag.”
Die beoordelaars se wenner was Marthinus Breitenbach.
“Met sy vleiende stem wat klink soos fyn instrumentspel het hy die gehoor in ’n beswyming gehad,” sê Croucamp.
Die tweede plek is gedeel deur Wikus Coetzee vir sy ritmiese kitaar-klanke en Zoë Coetzer vir sang.
Die derde plek het aan Nica-May van Zyl gegaan vir dramatoneel.
“Dit was ’n aand van pure talent en ons sê dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het,” sê Croucamp.
Lees ook:
Hoërskool Oos-Moot wen B-bond atletiekbyeenkoms
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
