NewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Oos-Moot presteer

Oos-Moot se span het die tweede plek in die kompetisie behaal nadat hulle vroeër vanjaar die Pretoria Streekkompetisie gewen het.

Nog ‘n wetenskap-prestasie staan agter Hoërskool Oos-Moot se naam ná die finaal van SA Siviele Ingenieursvereniging se Aqualibrium-kompetisie.

Die skool het die nasionale finaal op 30 Julie gehaal nadat hy vroeër vanjaar die Pretoria-streekkompetisie gewen het.

Die leerlinge moes ’n verspreidingstelsel ontwerp wat demonstreer hoe water vanaf ‘n dam na opgaartenk beweeg om versprei te word.

Oos-Moot se span, Stefan Beukes, WP Struweg en Ruhan Potgieter, het die tweede plek in die kompetisie behaal naas die spanne van die Noord-Kaap.

Die spanne van KwaZulu-Natal en Swaziland was gesamentlik in die derde plek.

“Oos-Moot se Wetenskapdepartement bou voort op hul prestasies,” sê die administratiewe beampte, Mariëtte Senekal.

In hul deelname aan die SAICE-Ingenieursvereniging se Brugboukompetisie op 29 Julie het die Oos-Moot span, Rechard Höllhumer, Heinrich Höllhumer en Jo-Mari van Hengel tweede plek behaal.

Hoërskool Centurion was eerste.

Die Afrikaans Hoër Seunsskool het derde plek behaal.

In hierdie kompetisie moes spanne met 25 vierkantige stokkies kyk wie die sterkste en ligste brug kan bou.

Dertig spanne van verskeie hoërskole in Pretoria het deelgeneem.

Lees ook:

Onderhoof na ses weke onder verdowing

Akasia-onderhoof steeds kritiek, maar stabiel

Vrou praat oor Akasia-skietery

Onderhoof nege keer geskiet

Onderhoof veg teen inbrekers – veg nou om lewe

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button