Akasia-onderhoof Johan du Toit het Donderdagaand uit verdowing ontwaak nadat hy twee maande gelede in sy huis deur inbrekers geskiet is.
Du Toit (58) is in Eugene Marais hospitaal onder verdowing gehou na hy nege keer geskiet is tydens die aanval.
“Johan is wakker… hul laat hom twee ure self asem haal… en dan weer op die masjien vir twee ure,” lees ’n kort boodskap van Du Toit se vrou, Retha.
“Hy sal weer moet leer loop, praat, ens,” skryf sy. “Gaan goed. Ons gee al die eer aan ons geliefde Vader.”
Retha, ’n onderwyseres by Hoërskool Akasia, bedank familie en vriende vir hul ondersteuning en gebede.
Lees ook:
Onderhoof na ses weke onder verdowing
Akasia-onderhoof steeds kritiek, maar stabiel
Vrou praat oor Akasia-skietery
Onderhoof veg teen inbrekers – veg nou om lewe
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
