CrimeLocal newsNews

Vyf vasgetrek in Akasia

“Gelukkig was daar ’n padblokkade en die metro-polisie kon ingryp om hulle vas te vat.”

Vyf  mense is Vrydag in Akasia aangekeer na pogings om by twee huise in te breek.

Akasia-inwoners, gemeenskapspolisieëringsforums en metro-polisie het saamgespan om hulle omstreeks 13:00 in hegtenis te neem.

“Twee is by ’n huis in Chantelle, Akasia vasgekeer. Dit was een van twee huise in die omgewing waar hul probeer inbreek het,” sê Tienie Vorster, voorsitter van die Amandasig Aksie Groep (AAG).

Drie verdagtes in ’n Volkwagen Caravelle het die inwoners en GPF probeer ontwyk.

“Van ons AAG-lede het die voertuig gevolg tot in Strubenstraat. Gelukkig was daar ’n padblokkade en die metro-polisie kon dadelik ingryp en help om die misdadigers voor te keer.”

Die drie in die voertuig is saam met die ander twee na Akasia-polisiekantoor gebring.

Lees ook: 

Pretoria-vrou sterf in ongeluk op pad na musiek-optrede

OPVOLG: Roekelose bestuur ondersoek na vrou baba verloor

Hartseer na skoolseun se dood

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button