CrimeLocal newsNews

Konstabel gaan weer verskyn oor moord

Hy sal op 5 Desember in die Pretoria-hooggeregshof verskyn.

’n Pretoriase konstabel wat verdink word van die moord van ’n senior kollega sal later vanjaar terug in die hof wees.

Konstabel Rishen Rampashard sal op 5 Desember in die Pretoria-hooggeregshof verskyn in verband met die moord van luitenant-kolonel Reinier Lagois (42).

Rampashard is oor die moord in hegtenis geneem nadat Lagois 14 keer geskiet is.

Rampashard het vroeër in die hof getuig dat die polisie en die Valke hom gedwing het om skuld te erken.

Hy het gesê hulle het hom gemartel, geslaan, gewurg en ’n plastieksak oor sy kop getrek.

“Ten spyte van die feit dat ek saamgewerk het… het hulle my met geweld in ’n kar ingegooi,” sê hy in ‘n verklaring wat sy prokureur Kineil Muthray aan die hof voorgelees het.

Lagois is in Januarie by sy huis in 20ste Laan, Rietondale doodgeskiet.

Sy familie het besluit om die dienste van privaatspeurder Mike Bolhuis in te span om die moord te ondersoek.

Lagois se broer Hennie het vroeër gesê die vermoorde polisieman was betrokke in ’n liefdesdriehoek kort voor sy dood.

Hy het gesê Lagois het saam met ’n gewese vriendin Caroline Naidoo in die huis gewoon waar hy vermoor is.

Naidoo is ’n voormalige bevelvoerder van die Pretoria-Wes-polisiekantoor.

Rampashard en Naidoo was na bewering in ’n verhouding.

Die moontlikheid word ondersoek dat Naidoo dalk ook by die moord betrokke was.

Lees ook:

Help die polisie om ander warm te hou

Studente en polisie speel toneel by skole

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button