CrimeLocal newsNews

Vrou dood ’n week na ongebore baba in fratsongeluk sterf

Die polisie het Maandag aan Rekord bevestig dat 'n saak van strafbare manslag ondersoek word.

‘n Jong vrou van die Moot wat ’n week gelede haar ongebore baba verloor het in ’n fratsongeluk by ’n motorwassery is Sondagaand oorlede.

‘n Hoogswanger Belinda Louw is Saterdag, die 13de Augustus, ernstig beseer na ’n motor haar getref het by dié onderneming op die hoek van Johan Heyns en Ben Swartstraat in die Moot.

Haar baba sou verlede week gebore word.

’n Ingeligde bron het aan Rekord gesê dat Belinda omstreeks 23:50 Sondagaand in die hospitaal oorlede is.

“Die saak word nou verander na strafbare manslag,” het polisiewoordvoerder, Kaptein Coba Brits Maandagoggend aan Rekord gesê.

’n Saak van roekelose en nalatige bestuur is vroeër teen die bestuurder, van die motor wat Louw getref het, ondersoek.

Corné Hitge, Louw se verloofde, het vroeër aan Rekord vertel hoe Louw by ’n tafeltjie gesit het by die motorwassery toe ’n werker in een van die motors op perseel “bo-oor” haar gery het.

“Dit wil voorkom of die werker nie geweet het hoe om ’n automatiese motor te bestuur nie. Die motor het vorentoe geskiet – bo-oor die vrou en vas in ’n Wendyhuis op die perseel,” het ’n bron vertel.

Familie kon nie onmiddelik met Rekord oor Louw se onlangse dood praat nie.

Lees ook:

OPVOLG: Roekelose bestuur ondersoek na vrou baba verloor

Pretoria vrou verloor baba in fratsongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button