CrimeLocal newsNews

Oud-polisieman se moord steeds ondersoek

Die polisie het sy lyk in April in 'n mangat gekry.

Die dossier oor die moord op oud-polisieman Danie Dreyer (64) vier maande gelede is nog nie gesluit nie.

Polisiewoordvoerder kaptein Colette Weilbach sê die saak word steeds ondersoek.

Vier mense het reeds in verband met die moord in die hof verskyn.

Dreyer se voormalige vriendin Estelle Reddy (36) het haarself in April aan die Villieria-polisie oorhandig nadat Dreyer glo op 28 Maart vermoor is.

Reddy het die polisie na Dreyer se huis in Villieria gelei waar hy glo doodgemaak is ná ’n dispuut oor geld.

“Sy het toe ’n adres in Capital Park gegee waar sy, haar vriend en twee ander mans die lyk in ’n mangat gelos het,” sê Weilbach.

Suur is oor die lyk gestrooi in ’n beweerde poging om van bewyse ontslae te raak.

Die polisie het die lyk op 4 April gevind. Reddy en haar huidige kêrel, Gerhardus Pienaar Papenfus (42), is in hegtenis geneem in verband met die moord.

’n Derde verdagte, Kevin Johnson (29) van Eersterust, is 6 April om 01:00 in hegtenis geneem.

Ruvan Regionald Furst (42) het homself op 12 April aan die Villieria-polisiestasie oorhandig.

Dreyer was pa langer as 20 jaar ’n luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediensen het by die polisie-hoofkantoor gewerk.

Nadat hy die polisie verlaat het, het hy die onderneming Jakaranda Grafstene by sy pa gekoop.

Dreyer het die onderneming langer as 20 jaar besit en bedryf.

Dreyer was sy hele lewe ’n inwoner van die Moot.

Lees ook:

Oud-polisieman dood in die Moot gevind

Derde verdagte aangekeer in Dreyer-moordsaak

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button