Het Chris al gery…?
Dis die ondeunde vraag op baie lippe nadat 'n vrou per ongeluk 'n foto van haar skaamdele – of noemfie – na ’n verkeerde whatsapp-groep gestuur het.

Margharet en Chris van Wyk het oornag ’n sensasie geword toe haar noemfie aan sosiale media “gelek” is en nuusmakers daaroor verslag gedoen het.
Die foto wat vir haar man bedoel was, het in ’n sport-kletsgroep vir ouers die Hokkie-ouers beland.
’n Lid van die groep het daarop reageer met: “Sjoe”.
Margharet het haar fout opgevolg met: “sorry alma. Verkeerd gestu…my man bedul.. sorry almal.”
Sy het dit opgevolg met die vraag: “Hi, Chris al gery.”
‘n Kletsgroeplid het geantwoord met: “Is jy nie nou weer op die verkeerde groep nie?”
Margharet se dogter is blykbaar deel van die
plaaslike “hokkie-span”.
Ander ouers van die kletsgroep het dit goed gedink om die vurige kiekie met die land te deel.
Die foto was binne 24-uur ’n wegholtreffer in die kuberruimte. Verskeie prentjie-tekse het verskyn oor die egpaar se vuurwarm liefdesverhouding.
Nuuskierige agies het die egpaar se name en van as sleutelwoorde gebruik op internet soek-inskrywings.
Sowat 200 000 besoeke is reeds aan die paar se storie afgelê.
Alhoewel duisende regoor die land dit skreeusnaaks vind, is daar ook diegene wat die saak met ‘n afkeurende frons bejeen.
Intussen is daar ook ’n hutssleutel (“hashtag”) vir Margaret op Twitter geskep waar die land en internasionale agies verskeie uitlatings
maak.
Een van die uitlatings: “Wie kan jy vertrou as jy nie eens die ‘Hokkie-ouers’ kan vertrou nie?”
Damn, who are you supposed to trust if you can't even trust your 'Hokkie Ouers' anymore? Snitches. #MargaretVanWyk
— Maps Maponyane (@MapsMaponyane) August 24, 2016
Nog ’n foto op ‘n Nando’s advertensie wat deur “What’s your buz” getwiet is, lui: “Margaret, we’ve seen your poultry. It’s priceless. For
everything else, there’s our chicken.”
Yassis no chill. @NandosSA #MargaretVanWyk pic.twitter.com/KbYPOQU5oW
— What's Your Buzz (@WYB_ZA) August 25, 2016
Nog ’n twiet meen die een wat die foto uitgelek het, moet verban word voor daardie persoon die span se aksieplan ook uitlek.
https://twitter.com/princess_gao/status/768696541238427648
Ene Sir Kumbaya op twitter het dit goedgedink om Margaret se foto te twiet waar haar skaamdele me ’n pienk roos bedek met die volgende woorde: “My black twitter beloveds, here is a piece of white twitter, you can thank me later.”
Rekord het probeer om die Van Wyk-gesin in die hande te kry, maar dit blyk of die egpaar se facebook-rekeninge tydelik gesluit is om eposse te stuur.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 012 842 0300.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.










