EntertainmentLifestyleLocal newsNews

KOMPETISIE: Asem laat jou uitasem

’n Keiharde verhaal oor ’n seun se woede.

Dit is ’n aksieboek. Dit is ook ’n keiharde verhaal oor ’n seun se woede. As jy al ooit met tieners gewerk het, sal hierdie boek sinmaak, en seermaak.

Daar is nie maklike antwoorde nie, maar die einde, wys dat dinge tog regkom, al is dit baie anders as wat ons verwag.

Asem, deur Jan Vermeulen, is beslis nie vir die kleingoed bedoel nie, maar dit hoort op elke moeilike tiener se rak. Ouers sal dit waarskynlik nóg beter verstaan en ons tieners gaan eendag, as hulle ouers is, hierdie boek weer optel en afstof.

Asem is ’n aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. Dit is ’n kragtoer wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie.

Asem het die Lapa-jeugromankompetisie gewen. Dit is beslis net vir ouer tieners (en hulle ouers) bedoel.

Rekord het twee boeke om weg te gee. Vul in die onderstaand vorm en gebruik ASEM as die sleutelwoord.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button