CrimeLocal newsNews

Ondersoek na ma en baba se dood duur voort

Die polisie wag nog op die verslag van die lykskouing.

’n Klag van strafbare manslag word nog deur polisie ondersoek ná die dood van ’n Moot-ma en haar baba.

Belinda Louw en haar ongebore baba is byna ’n maand gelede na ’n fratsongeluk oorlede.

Die hoogswanger Louw is op 13 Augustus ernstig beseer toe ’n motor haar getref het by ’n motorwassery op die hoek van Johan Heyns en Ben Swartstraat.

Sy het haar babaseuntjie, wat sy Ryan sou noem, verloor – ’n paar dae voordat hy gebore sou word.

Sy is ’n week na die ongeluk self in die hospitaal dood. Sy is saam met haar babatjie op 1 September begrawe.

’n Klag van strafbare manslag is by Moot-polisie gelê teen die bestuurder van die motor wat Louw getref het.

Ingeligtes het vroeër beskryf hoe die motor by die wassery vorentoe geskiet het en bo-oor Louw gery het toe sy buite op die perseel by ’n tafeltjie gesit het.

Die werker wat die motor bestuur het, is intussen afgedank.

Polisiewoordvoerder kaptein Coba Brits sê die ondersoek duur voort.

“Die ondersoekbeampte het bevestig dat daar nog op ’n lykskouingverslag gewag word voor die dossier hof toe kan gaan,” sê Brits.

“’n Hofdatum sal eers later kan bepaal word.”

Lees ook:

Mamma en baba saam ter ruste gelê

Ma en baba saam begrawe na fratsongeluk

Vrou dood ’n week na ongebore baba in fratsongeluk sterf

OPVOLG: Roekelose bestuur ondersoek na vrou baba verloor

Pretoria vrou verloor baba in fratsongeluk

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button