CrimeLocal newsNews

OPVOLG: Van Niekerk saak uitgestel

Die saak is tot 28 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Die moordsaak teen Stefan Visser (28), op die moord van sy pastoor-skoonma is Woensdag in die Pretoria-landdroshof uitgetstel.

Die saak is tot 28 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Visser is nog in polisieaanhouding tot hy weer in die hof verskyn.

Visser is aangekla van die moord op sy skoonma, Elsabe van Niekerk.

Visser het glo voorheen gedreig om haar dood te maak.

Van Niekerk se lyk is in April in Gezina by ’n paneelklopperonderneming aangetref nadat sy 31 keer met ’n mes gesteek is.

Visser is dieselfde dag in Rietondale in hegtenis geneem.

Visser was voorheen getroud met Van Niekerk se dogter, Leandri. Hulle het twee jong kinders.

Die staat het vroeër aangevoer dat Visser se skoonpa die dag voor Van Niekerk se moord met hom in ’n argument betrokke was omdat hy nie sy vaderlike verpligtinge nagekom het nie.

Die volgende dag het Visser en Van Niekerk oor dieselfde onderwerp rusie gemaak.

Die hof het gehoor dat Visser by die paneelklopper met ’n klapmus en ’n vuisyster opgedaag het.

Dit was glo toe dat hy Van Niekerk doodgemaak het.

 

Lees ook:

Skoonseun verskyn in hof na moord op geliefde pastoor

Vermoorde pastoor se skoonseun aangekla

Verdagte vas na moord op geliefde pastoor

Familielid vas na moord op pastoor

Saak oor pastoor se moord duur voort

Verdagte in pastoor se moord in hof

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button