CrimeLocal newsNews

WAARSKUWING – GRAFIESE FOTO: “Die is ’n kwaadwillige aanval op ’n weerlose hond”

"Daar was sekere skade aan haar oë waaraan hulle niks kon doen nie".

Die hond wat Woensdag van kant gemaak is nadat iemand haar oë glo in Hermanstad, wes van Pretoria met ’n mes uitgesteek het, het in totaal ses steekwonde in haar gesig gehad.

Dr Valmai Le Grange, die veearts by Mayville-dierekliniek, sê die hond se oë is uitgesteek in die sin dat daar sekere skade in haar oë was wat hulle niks aan kon doen nie.

“Op grond van ouderdom, vermoedelike kanker en die beserings wat sy opgedoen het, het ons besluit om haar uit te sit,” sê Le Grange.

“Dit is altyd baie sleg as ons sulke voorvalle kry.”

Le Grange sê dit blyk of die hond nie die aanvaller was nie, maar of die hond weerloos was.

“In baie gevalle waar honde hulleself verdedig of die aanvaller is, sal daar altyd liggaam steekwonde ook wees. Maar sy het net steekwonde in haar gesig gehad,” sê Le Grange.

“Die is ’n kwaadwillige aanval op ’n weerlose hond,” voeg sy by.

Die dier is Woensdagoggend omstreeks 11:00 op die hoek van Welthagen- en Van Riebeeckstraat gekry nadat sektorlid Theo Breed ’n klagte ontvang het.

Hy het ondersoek ingestel en op die hond afgekom.

Charmaine Coetsee van Wollies Animal Project wat na verwaarloosde troeteldiere omsien sê: “Ons het ’n boodskap op ons WhatsApp groep ontvang en uitgegaan. Toe ons die hond sien, kon ons die trane nie keer nie.”

Die wonde en bloed was nog vars, vertel sy.

Woordvoerder van Tshwane DBV Korky Levanon sê dit is totaal onaanvaarbaar dat diere behandel word asof hulle nie gevoelens het nie.

Wollies probeer nou die eienaar van die hond opspoor.

“Ons sal hom kry,” sê Coetsee.

Hond oe uitgesteek

Lees ook: 

Hond vermink vir moetie

Weerlose hond in warm kar gelos

Hond aan die brand gesteek

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button