WAARSKUWING GRAFIESE FOTO: Hond se oë uitgesteek
Die dier het nog steekwonde opgedoen.

‘n Hond moes Woensdag van kant gemaak word nadat iemand haar oë met ’n mes uitgesteek het in Hermanstad, wes van Pretoria.
Die dier het ook ander steekwonde opgedoen, vertel Charmaine Coetsee van Wollies Animal Project wat na verwaarloosde troeteldiere omsien.
Die hond is na die Mayville-dierekliniek gebring waar ’n veearts besef het dat ‘n genadedood die enigste uitweg is.
Die dier is Woensdagoggend omstreeks 11:00 op die hoek van Welthagen en Van Riebeck gekry nadat sektorlid Theo Breed, ‘n klagte ontvang het.
Hy het ondersoek ingestel en op die hond afgekom.
Coetsee sê: “Ons het ’n boodskap op ons whatsapp groep ontvang en uitgegaan. Toe ons die hond sien, kon ons die trane nie keer nie.”
Die wonde en bloed was nog vars, vertel sy.
Wollies probeer nou die eienaar van die hond opspoor.
“Ons sal hom kry,” sê Coetsee.
Lees ook:
Seun kritiek nadat hy van ‘n bakkie afval
Teen critical after falling from a bakkie
Tienerseun steeds in koma na byna drie maande
Lees ook:
Weerlose hond in warm kar gelos
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

