CrimeLocal newsNews

Verbasing oor nuwe verdagte

Hy sal op 26 September weer in die hof verskyn.

Wye verbasing het die hofverskyning begroet van ’n nuwe verdagte in die wrede moord op Anika Smit in die noorde van Pretoria.

Andreas Johannes van Wyk (24) is nog nooit voorheen in verband met die misdaad genoem nie.

Hy is ook geensins by die geregtelike ondersoek na haar dood betrek nie.

Van Wyk het Maandag in die Pretoria-Noord landdroshof verskyn nadat hy homself verlede Saterdag aan die polisie oorgegee het.

Hy het glo gesê hy kan nie langer met sy gewete saamleef nie.

Van Wyk is ’n oud-leerling van dieselfde skool wat die vermoorde meisie bygewoon het.

Staatsaanklaer Tania Carstens sê die klagte teen Van Wyk is verkragting, lykskending en moord.

Smit is op 10 Maart 2010 in haar pa se huis in Theresapark vermoor. Sy is verkrag, meswonde toegedien en beide haar hande was afgekap. Hulle is nooit gekry nie.

Haar pa Johan het op haar lyk afgekom. Smit was in daardie stadium 17 jaar oud en het die dag tuis gebly weens ’n oorinfeksie.

Landdros Pierre Wessels het tydens hofverrigtinge toestemming aan die media gegee om Van Wyk se identiteit bekend te maak.

Die media word gewoonlik verbied om iemand dadelik te identifiseer wat van ’n seksverwante misdaad aangekla word.

Die konvensionele reël is dat so ‘n individu eers skuld moet erken of ontken voordat die naam bekendgemaak mag word.

Wessels het besluit dit was in hierdie geval nodig om Van Wyk se identifiseer sodat ’n einde gebring kan word aan bespiegelinge oor wie die verdagte is.

Vorige verdagtes in die saak is geïdentifiseer en Wessels meen dit is regverdig vir die media om ook nou dié verdagte bekend te maak.

Van Wyk, ’n donkerkop man, het doodstil gestaan terwyl Wessels die klagtes van verkragting en moord teen hom gelees het.

Hy was netjies in ‘n pak sonder ’n das geklee en het weinig emosie getoon terwyl media gestoei het om hom van naderby te sien.

Sy verskyning het net ’n paar minute geduur voordat hy terug na die hofselle begelei is.

Van Wyk het om regshulp aansoek gedoen.

Die Staat het gevra dat die saak uitgestel word vir verdere ondersoek.

Van Wyk sal op Maandag 26 September weer in die hof verskyn waar hy dan moontlik aansoek om borgtog sal doen.

Hy bly in aanhouding by die Pretoria-Noord-polisiekantoor.

Buite die hof het twee vroeëre verdagtes, Smit se gewese kêrel Nico Venter en Damian Treeby, verlig gelyk.

Venter het aan media gesê dat Van Wyk se verskyning ’n verrassing was en dat hy hom nie ken nie.

Treeby het gesê dat terwyl hy Van Wyk ken omdat hulle saam op skool was, was hy ook net so verbaas was oor sy verskyning in die hof.

Treeby was vroeër ’n sleutelgetuie in die geregtelike doodsondersoek na Smit se moord.

“Mense het my, veral op Facebook, reeds skuldig bevind,” het Treeby aan media buite die hofsaal gesê.

Treeby het by die geregtelike ondersoek getuig oor sataniese praktyke en het in ’n stadium ’n regsverteenwoordiger aangestel.

Die geregtelike ondersoek is gehou nadat die polisie nie nie afdoende getuienis kon kry om enigiemand van die moord aan te kla nie.

Van Wyk was saam met Treeby en Smit op skool by Hoërskool Gerrit Maritz.

In sy Facebook-profiel stel hy homself as ”André van Wyk Smiley” bekend.

Sosiale media gons intussen met vra oor waarom die moord op Smit gepleeg is, hoeveel ander mense betrokke was en wat van Smit se hande geword het.

 

Also read:

Soshanguve man arrested in cross-border sting

WARNING GRAPHIC IMAGE: Livestock slaughtered

Loate police make presence felt in schools

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 072 435 7717.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button